Willie Gillis

Willie Gillis, jr. (algemeen bekend as Willie Gillis) is 'n fiktiewe karakter wat deur Norman Rockwell geskep is vir 'n reeks Tweede Wêreldoorlog-skilderye wat op die voorblad verskyn het van elf uitgawes van The Saturday Evening Post tussen 1941 en 1946.[1] Met die rang van weerman[2] was Gillis 'n Jan Alleman wie se loopbaan gevolg kon word - vanaf induksie tot ontslag – op die voorblad van die tydskrif Post sonder dat hy ooit in 'n veldslag[3] uitgebeeld is. Gillis en sy vriendin was gemodelleer deur twee van Rockwell se kennisse.[4][5]

Alhoewel Gillis nie eksklusief op Post voorblaaie gebruik was nie, was die Willie Gillis voorbladreeks 'n keurmerk van Rockwell se werk gedurende die oorlog.[1] In Rockwell se fleur en op die hoogtepunt van The Post se populariteit het dit 'n intekenaarskap van 4 miljoen gehad waarvan talle intekenaars geglo het dat Gillis 'n regte mens was.[6] Rockwell se oorlogtyd kuns, wat insluit Willie Gillis, die Four Freedoms en Rosie the Riveter het bygedra tot die sukses van die verkoopspoging van oorlog effekte.[7]

Sedert 1999 was die Gillis reeks  ingesluit by twee groot Rockwell toere. Van 1999–2002 het dit getoer as deel van 'n Rockwell Post voorbladkuns terugblik.[8] Vanaf 2006–2010 toer dit as deel van 'n 1940's Tweede Wêreldoorlog Rockwell kunsuitsstalling.[9][10]

  1. 1,0 1,1 "NORMAN ROCKWELL'S WARTIME COVERS" Geargiveer 9 Maart 2008 op Wayback Machine (Press release). Verwysingfout: Invalid <ref> tag; name "NRWC" defined multiple times with different content
  2. [http://www.jdnews.com/articles/gillis_7990___article.html/cover_dick.html "�Willie Gillis’ makes a return visit to the USO"]. jdnews.com.
  3. "Cover Story -- Norman Rockwell's America".
  4. "Norman Rockwell Magazine Covers Complete List – Part Six: 1940 to 1980".
  5. Rockwell, Norman (1995) [1960].
  6. Larson, Christina (Oktober 2001).
  7. "Michener Art Museum Pairs Famed American Illustrators Rockwell and Hargens for Fall Exhibitions in New Hope" Geargiveer 15 April 2008 op Wayback Machine (Press release).
  8. Van Gelder, Lawrence (2000-06-12).
  9. "Arts Calendar".
  10. "Traveling Exhibitions".

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy